Gratis vir alle Duimpie Den-ouers
Kry 'n kennisgewing sodra jou kleuter ingeteken word, meld siekte aan voor 07:00, koop konsertkaartjies en betaal die rekening — alles van jou foon af.
Die app is nog op pad. Sodra dit in die winkels is, laat ons elke ouer weet — en tot dan werk alles in die ouerportaal op jou foon se blaaier.
Skandeer met jou foon se kamera — dit vat jou reguit na die regte winkel.
'n Kennisgewing die oomblik as jou kleuter in- of uitgeteken word.
Voor 07:00 vanuit die bed — die juffrou en die kantoor weet dadelik.
Konsert- en pieknikkaartjies met Apple Pay of Google Pay. Geen kontant in koeverte nie.
Vra gou iets sonder om by die hek te wag of die kantoor te bel.
Toestemmingsvorms en briewe word geteken sonder om iets te druk.
Jou kaartjies en die kalender is beskikbaar, ook wanneer die data op is.
Vir personeel
Duimpie Den Klok loop op die tablet by die voordeur. Juffrouens klok in met gesigskandering; die kantoor kry 'n admin-kode vir wanneer dit nie wil werk nie.